Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN
"Pavane vir 'n Gestorwe Prinses" deur ERNST VAN HEERDEN [boodskap #10533] Ma, 01 September 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
Ernst van Heerden

'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.

Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar áls byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
Vorige onderwerp: "Akkoord" deur ELISABETH EYBERS
Volgende onderwerp: "Die afskeid van Esther" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 17:15:03 MGT 2024